# Die Valke in die Oos-Kaap het ʼn groot oorwinning teen georganiseerde misdaad behaal toe nege verdagtes vasgetrek is in verband met die ontvoering van ʼn 62-jarige inwoner van Gqeberha, Tracey Fourie. Sy is verlede Woensdag ontvoer terwyl sy ná werk op pad was huis toe. Haar motor is later verlate in New Brighton gevind. Die Valke-woordvoerder, Avele Fumba, sê ʼn intelligensie-gedrewe operasie het tot die inhegtenisneming gelei. Die verdagtes is in besit van kontant, vermoedelik omkoopgeld, betrap:
Nege verdagtes vasgetrek in verband met ontvoering van Baaise inwoner [KLANK]
ENG AveleonKidnapping