# Die Parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange het besluit om nege parlementslede te berispe en te beboet. Hierdie lede het nie hul finansiële en registreerbare belange teen die sperdatum van 14 Oktober 2024 verklaar nie. Die boetes wissel tussen tien-duisend- en 12-duisend-500-rand. Die komitee sê hy is verbind om aanspreeklikheid van alle parlementslede te eis omdat die bekendmakingsproses die publiek se vertroue in die instelling bevorder.
Nege parlementslede wat nie hul finansiële belange verklaar nie, beboet