# Nege mense is dood en 13 beseer nadat ʼn student gister by die Ayser Calik Secondary School in Turkye op mense losgebrand het. Die 14-jarige student, wat gewapen was met vyf vuurwapens en sewe magasyne in sy rugsak, het twee klaskamers binnegegaan en lukraak begin skiet. Ná die voorval het hy homself geskiet. Die wapens behoort glo aan die tiener se pa, wat tans in polisie-aanhouding is. Dit volg ná Dinsdag se skietery toe ʼn oudstudent op sy skool losgebrand en 16 mense gewond het voor hy homself doodgeskiet het.
Nege dood in Turkye se tweede skool-skietvoorval in twee dae