Skip to content

Nederlanders gaan na stembus in toets vir die sterkte van regsgesindes in Europa

# Nederlanders stem vandag in ‘n blitsverkiesing wat beskou word as ‘n lakmoestoets vir die sterkte van die regsgesindes, wat baie groei getoon het in Europa. Meningspeilings dui aan die anti-immigrasie- en anti-Islam-rebel Geert Wilders is op koers om sy verkiesingsukses van twee jaar gelede met sy ver-regse Vryheidsparty te herhaal. Die helfte van die kiesers het egter nog nie besluit nie, dis te moeilik om ‘n voorspelling te waag en drie ander partye het onlangs die gaping oorbrug.