# Nederland het twee Israelse ministers tot ongewenste persone verklaar vir die aanhitsing van geweld en etniese suiwering in Gaza. Nederland het verlede jaar ‘n mislukte voorstel deur Swede ondersteun om Europese Unie-sanksies toe te pas op die minister van Finansies, Bezalel Smotrich, en die minister van Nasionale Sekerheid, Itamar Ben-Gvir. Smotrich het op X gesê Europese leiers het geswig onder die leuens van radikale Islam wat oorneem en stygende antisemitisme. Ben-Gvir sê hy sal aanhou optree vir Israel, selfs al word hy in die hele Europa verban.
Nederland verklaar twee Israelse ministers as ongewenste persone