# Die politieke aktivis en voormalige Parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi, sê die Thabo Mbeki-stigting se nuwe aanlyn uitsending oor die Afrika Renaissance is ‘n intellektuele en kulturele siening, nie ‘n politieke herlewing nie. Die weeklikse program word vandag bekendgestel en sal kyk na sterk idees vir die hernuwing van politiek, ekonomie en geskiedenis in Afrika. Uitsendings is elke Maandagmiddag om 3-uur op YouTube, Spotify en Apple Podcasts. Ndlozi het bewerings ontken dat die platform ‘n verskoning is vir die moeilike situasie in die ANC, en sê dis gemik op kritiese gesprekke oor Afrika se toekoms.
Ndlozi sê Thabo Mbeki-stigting se Afrika Renaissance uitsendings fokus op Afrika se toekoms, nie die ANC nie