# Die politieke aktivis, Mbuyiseni Ndlozi, sê Suid-Afrika het nie ‘n immigrasiekrisis nie, eerder diep strukturele uitdagings soos werkloosheid, armoede en ongelykheid. Ndlozi het tydens die Thabo Mbeki-stigting se Nasionale Demokratiese Revolusie-seminaar in Johannesburg gesê ekonomiese uitsluiting bly die land se kernprobleem. Hy het aan die SABC gesê demokrasie ná 1994 het nie ongelykheid of werkloosheid opgelos nie, en dit wakker steeds spanning aan:
Ndlozi sê Suid-Afrika se werklike krisis is werkloosheid, nie immigrasie nie [KLANK]
ENG-NdloziOnInequality