Skip to content

Navorser waarsku bëeindiging van Amerikaanse befondsing sal stryd teen MIV in Suid-Afrika erg benadeel

# Navorsingskenner Linda-Gail Bekker van die Universiteit Kaapstad het gewaarsku die bevriesing van fondse van die VSA-president se noodplan vir MIV/Vigs-verligting, kan tot 601-duisend MIV-verwante sterftes en tot 501-duisend nuwe infeksies in Suid-Afrika tot gevolg hê. Bekker beklemtoon dat die befondsing 18-persent bygedra het tot Suid-Afrika se MIV-reaksie, ondersteuning van gesondheidswerkers en uitreikprogramme. Sy vra vir vinnige reaksie en stel ‘n vyfpuntplan voor om die impak te versag en met MIV behandeling en voorkomingswerk voort te gaan.