Skip to content

NATJOINTS belowe geen verdraagsaamheid teenoor politieke geweld voor verkiesing nie [KLANK]

# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê diegene verantwoordelik vir polities gemotiveerde moorde sal opgespoor en voor die reg gebring word voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, het aan die media gesê die taakspan vir politieke moorde ondersoek steeds aktief onlangse sake en is daartoe verbind om ‘n veilige en vreedsame verkiesingsomgewing te verseker. Mosikili het bygevoeg daar is geen regverdiging om mense se lewens te neem weens politieke verskille of onverdraagsaamheid nie:

ENG MosikiliOnNoViolence