# Die National Coloured Congress se stigter en parlementslid, Fadiel Adams, het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings teen hom ten sterkste ontken. Mkhwanazi het Adams gister in sy getuienis voor die Madlanga-kommissie beskuldig dat hy ongemagtigde toegang tot sensitiewe inligting verkry en dit gebruik het om sonder die nodige oorsig strafregtelike sake teen Misdaadintelligensie aanhangig te maak. Adams sê die inligting is ongevraagd aan hom oorhandig. Hy sê hy het gedoen wat elke burger sou doen as hy bewyse van vermeende staatskorrupsie ontvang: Hy het ʼn saak geopen.
National Coloured Congress-LP Fadiel Adams ontken Mkhwanazi se bewerings teen hom