# Die Nasionale Vergadering het ʼn mosie goedgekeur om drie kandidate aan te beveel vir aanstelling as kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie. Die benoemdes is Joyce Pitso, regter Dhana Pillay en Mosotho Moepya. Die Parlement sê die aanstellingsproses is ontwerp om deursigtigheid en integriteit te verseker. Die name sal aan president Cyril Ramaphosa gestuur word. Ná hul aanstelling sal hulle poste vul wat op 4 November vakant word wanneer die huidige voorsitter en twee ander kommissarisse se termyn verstryk.
Nasionale Vergadering keur drie benoemings goed om Verkiesingskommissie-poste te vul
