# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het besluit om ʼn onafhanklike regspan aan te stel om bewyse teen sy voorsitter en Sunday Times-redakteur, Makhudu Sefara, te ondersoek. Hy word in ʼn Spesiale Ondersoekeenheid-verslag betrek by ʼn vermeende oortreding wat met die Nasionale Loterykommissie verband hou. Todi Media Development het 1,5-miljoen-rand vir ʼn projek ontvang wat bedoel was vir joernaliste se verblyf, gehuurde voertuie en bemarking. Sefara het na bewering 550-duisend-rand van die bedrag ontvang. Die forum sê Sefara het, hangende die ondersoek, opsy gestaan as voorsitter.
Nasionale Redakteursforum stel regspan aan om bewerings teen voorsitter te ondersoek