# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, getuig na verwagting vandag voor die Madlanga-ondersoekkommissie in Pretoria. KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, was verlede week die kommissie se eerste getuie. Hy het onder meer uitgebrei oor ʼn georganiseerde misdaadsindikaat se beweerde insypeling by wetstoepassingsagentskappe en beweer dit was met behulp van belangrike figure in die sakewêreld, die Parlement en uitvoerende gesag. Masemola sal na verwagting op Mkhwanazi se bewerings reageer en ook verduidelik waarom die KwaZulu-Natalse polisietaakspan oor politieke moorde ontbind is.
Nasionale Polisiekommissaris Masemola is volgende getuie by Madlanga-kommissie