Skip to content

Nasionale polisiekommissaris gaan bywerking verskaf oor polisiebedrywighede [KLANK]

# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sal na verwagting hierdie week bywerking verskaf oor die voortsetting van polisiebedrywighede wat misdaadvoorkoming en -bestryding betref. Hy sal ook ‘n aankondiging doen oor ‘n waarnemende afdelingskommissaris vir Misdaadintelligensie. Die polisie se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die land kan verseker wees dat daaglikse misdaadbestrydingsoperasies en normale wetstoepassings-take by polisiestasies en ander polisie-dienspunte sonder onderbrekings voortgesit word:

ENG-MatheOnUpdates