# Die National E-Hailers Federation of South Africa sê hy verwerp die idee dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad die hoogste liggaam is wat die e-taxisektor verteenwoordig. ʼn Woordvoerder, Tella Masakale, sê die resolusies van die 2020 Vervoer-lekgotla waarna dikwels verwys word, kan nie gebruik word om sulke bewerings te regverdig nie. Hy sê die e-taxisektor is eers in 2025 amptelik bekragtig. Dit is dus onmoontlik vir enige organisasie om ʼn sektor wetlik te verteenwoordig wat toe nog nie volgens wet bestaan het nie:
Nasionale e-taxi-federasie sê SANTACO is nie hoogste liggaam wat e-taxisektor verteenwoordig nie [KLANK]
ENG MasakaleONRepresenting