Skip to content

Nafiz Modack sewe jaar tronk toe gestuur vir korrupsie

# Die vermeende misdaadbaas, Nafiz Modack, is effektiewe tronkstraf van sewe jaar in die Kaapse Hooggeregshof opgelê, na hy op 51 aanklagte skuldig bevind is. Die regter het Modack ‘n tien-jaar vonnis opgelê waarvan drie jaar opgeskort is. Hy is skuldig bevind aan korrupsie insluitend ‘n betaling aan ‘n polisiebeampte vir spesiale behandeling en dwarsboming van die gereg. Die vonnis is ‘n belangrike uitspraak in die deurlopende stryd teen korrupsie waaarby georganiseerde misdaad en staatsamptenare betrokke is.