# Die N3-tolpad naby Swinburne in die Vrystaat is tans gesluit. Dit volg ná ʼn noodlottige ongeluk vanoggend tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor. Die N3-tolpadkonsessie waarsku padgebruikers om opeenhopings en vertragings tussen Van Reenen en Swinburne ter verwag terwyl die ongelukstoneel opgeklaar word. Dis tans nie bekend hoeveel mense in die ongeluk dood is nie.
N3-tolpad in Vrystaat na ’n ongeluk gesluit