# Johannesburg se Metro-Polisiedepartement het bevestig dat die toneel van die noodlottige ongeluk op die N1 Noord-snelweg, tussen die Buccleuch-wisselaar en Allandale-weg, nou opgeruim is. Alle bane van die snelweg is weer oop. Motoriste moet egter steeds verkeersvertragings verwag namate die ernstige opeenhopings na die vroeëre ontwrigting begin opklaar. Die metropolisie het vroeër bevestig dat vyf mense dood is in die enkelvoertuigongeluk waarby ‘n omgeslaande minibustaxi betrokke was. ‘n Saak van strafbare manslag gaan geopen word om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
N1 Noord weer oop na ongeluk wat vyf lewens eis