# Die N1 by Worcester bly gesluit weens die stormweer wat steeds die Wes-Kaap teister. Provinsiale regeringswoordvoerder Kristoff Adelbert sê motoriste wat na Kaapstad moet reis, moet alternatiewe roetes slegs as laaste uitweg gebruik en uiters versigtig bestuur. Hy waarsku oorstromings, sterk wind en swak sigbaarheid maak reis gevaarlik. Adelbert vra mense om onnodige ritte te vermy terwyl noodspanne reageer op die verslegtende weerstoestande:
N1 by Worcester gesluit te midde van erge storm in Wes-Kaap