Skip to content

‘n Soektog duur voort na twee vermiste VSA-soldate in Marokko

# ‘n Soek- en reddingsoperasie duur voort na twee Amerikaanse soldate wat in die suidweste van Marokko vermis geraak het ná ‘n jaarlikse weermagoefening waaraan verskeie lande deelgeneem het. Amptenare sê hulle is Saterdag laas naby kranse in die Cap Draa-oefengebied gesien. Die oefening, bekend as African Lion, het tot stilstand gekom sodat Amerika en Marokko hul hulpbronne vir die soektog kan aanwend. Owerhede glo die voorval was ‘n ongeluk en nie ‘n terreurdaad of ontvoering nie.