Skip to content

’n Sewentienjarige onder 41 mense in Tshwane wat vir dronkbestuur vasgetrek is

# Die Tshwane-metropolisie sê 41 verdagtes is die naweek weens dronkbestuur in Akasia, Mamelodi, Pretoria-Wes en Hatfield gearresteer. In Mamelodi is ʼn 17-jarige seun vasgetrek. Hy is een van die jongste dronkbestuurders en is met ʼn alkoholtelling van 0,41 milligram en sonder ‘n rybewys gearresteer. Die metropolisie sê ʼn taxibestuurder is ook aangekeer nadat hy 23 passasiers vervoer het in ʼn minibus met plek vir 16.