# ʼn Elfjarige seun en sy pa verskyn na verwagting vandag in die Thabazimbi-landdroshof in Limpopo in verband met ʼn plaaswerker se dood. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die seun volgens berigte die naweek tarentale op die plaas in Thabazimbi geskiet het toe die 30-jarige plaaswerker noodlottig gewond is. Die polisie sê die seun se pa is gearresteer en aangekla van nalatige hantering van ʼn vuurwapen. Limpopo se polisiekommissaris, Thembi Hadebe, waarsku ouers om wapens weg van kinders te hou.
’n Elfjarige seun skiet per ongeluk ’n plaaswerker in Limpopo dood