# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die suidoostelike uitbreiding van die MyCiTi-busdiens is die grootste belegging deur enige metro tot nou. Meer as ses-miljard-rand is in die huidige begroting-siklus van drie jaar aan die projek toegewys. Bouwerk het reeds begin langs die Imaam Haron-weg en die Stanhope-brug op die die hoofroete-uitbreiding van Khayelitsha en Mitchells Plain. Hill-Lewis sê dis opwindend om die groot vordering op die nuwe roete te sien:
MyCiTi se suidoostelike uitbreiding is grootste belegging in openbare vervoer [KLANK]
AFR LewisOnExpansion