Skip to content

Musk gee federale werkers nog ‘n geleentheid om hul poste te regverdig

# Die hoof van die Amerikaanse Departement van Regerings-doeltreffendheid, Elon Musk, sê federale werkers het nog ‘n geleentheid om hulle poste te regverdig of hulle werk te verloor, terwyl die oorspronklike sperdatum verstryk het nadat personeel by verskeie federale agentskappe aangesê is om sy versoek te verontagsaam. Musk het werknemers aanvanklik tot gisteraand gegee om hul werkverrigting in ‘n e-pos te verduidelik. Sy departement doen stappe om federale personeel en uitgawes te besnoei. Musk het op X geskryf versuim om te reagee, sal lei tot afdanking.