Skip to content

Mpumalanga-polisie op soek na 10 verdagtes wat ‘n sersant doodgeskiet het

# Die polisie in Mpumalanga soek tien verdagtes wat verbind word met die moord op sersant Lawrence Mtshweni, wat gereageer het op ‘n sakeroof in Schoemansdal. Mtshweni is in die hospitaal oorlede. Sy moord volg op Vrydag se moorde op twee speurders in Roodepoort. Die SAPD bied ‘n beloning van 150-duisend rand aan vir inligting oor Jabulani Moyo, ‘n verhoorafwagtende verdagte, aangesien maksimum hulpbronne ontplooi is. Die publiek word gewaarsku dat Moyo gewapen en gevaarlik is.