Skip to content

Mpumalanga-Gesondheid stel veldtog bekend om MIV/Vigs-behandeling te bevorder

# Die Departement van Gesondheid in Mpumalanga gaan ’n provinsiale MIV/Vigs-strategie bekend as die “Closing the Gap”-veldtogtoer van stapel stuur. Dis gemik op 1,1-miljoen inwoners wat met MIV/Vigs leef maar nie behandeling ontvang nie om bewustheid te bevorder en toegang tot antiretrovirale behandeling uit te brei, met die doel om wydverspreide virale onderdrukking te bereik. Amptenare sê die inisiatief ondersteun die Nasionale Strategiese Plan vir MIV/Vigs, TB en Seksueel-oordraagbare Infeksies en is in lyn met UNAIDS se 95-95-95-doelwit om teen 2030 ’n einde aan Vigs te maak. Gemeenskapstoetsing, behandelingsentrums en mobiele klinieke is die kern van vanjaar se program.