# MOVE SA vra die regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Hy beklemtoon die behoefte aan verantwoordelike leierskap, deursigtige kommunikasie en konsekwente toepassing van hofuitsprake. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet proaktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te keer. Hy sê dit sluit in dat die Konstitusionele Hof se beslissings oor immigrasie en asiel-prosedures doeltreffend ingestel word:
MOVE SA vra regverdige, wettige en ordelike immigrasiestelsel [KLANK]
ENG MampeuleONSystem