# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die bevindinge oor die dood van mediese intern Alulutho Mazwi sal binne weke vrygestel word. Mazwi, ‘n diabeet, wat in die pediatriese departement by Umlazi se Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal in KwaZulu-Natal gewerk het, is in Mei verlede jaar oorlede terwyl hy aan diens was, nadat hy na bewering moes werk ten spyte daarvan dat hy siek was. Die ondersoek, gelei deur die gesondheidsombudsman, Taole Mokoena, dek ook ander onverklaarbare sterftes van junior dokters in die provinsie. Motsoaledi sê diegene wat geïmpliseer word, sal aan gepaste stappe onderwerp word.
# Minister of Health Aaron Motsoaledi says the findings into the death of medical intern Alulutho Mazwi will be released within weeks. Mazwi, who was working in the paediatrics department at Umlazi’s Prince Mshiyeni Memorial Hospital in KwaZulu-Natal, died in May last year while on duty, after allegedly being required to work despite being ill. He suffered from diabetes. The investigation, led by Health Ombud Taole Mokoena, also covers other unexplained deaths of junior doctors in the province. Motsoaledi says those implicated will face appropriate action.