# Motorsport: Zandvoort, Singapoer en Montreal sal volgende seisoen vir die eerste keer Formule Een-blitsrenne aanbied. Formule Een en die sport se beheerliggaam, die F-I-A, het aangekondig dat dié drie renbane aansluit by Shanghai en Miami wat die afgelope twee seisoene blitsrenne aangebied het, en Silverstone wat in 2021 laas ‘n blitsren aangebied het. Volgende seisoen is die sesde jaar wat die blitsrenformaat, ‘n populêre toevoeging tot die wedrenwaweek, aangebied word. Blitsrenwenners kry agt punte tot by een punt vir die bestuurder in die agste plek.
Motorsport: Zandvoort, Singapoer en Montreal sal F1-blitsrenne in 2026 aanbied