Skip to content

Motorsport: Williams se spanhoof teken nuwe langtermynooreenkoms

# Motorsport: Williams se Formule Een-spanhoof, James Vowles, het ‘n nuwe langtermynkontrak gesluit. Die 45-jarige Brit het in 2023 by Williams aangesluit na hy voorheen Mercedes se hoof van wedrenstrategie was. Vowles is verantwoordelik vir die span se vinnige opgang. Williams is nou vyfde in die vervaardigerskampioenskap met 55 punte na tien wedrenne – meer punte as in die vorige drie seisoene saam. Williams se voorsitter, Matthew Savage, sê Vowles se ondervinding en strategiese leierskap help om die span weer een van die bestes te maak.