Skip to content

Motorsport: Voormalige MotoGP-wêreldkampioen verlaat Yamaha om by Honda aan te sluit

# Motorsport: Die voormalige MotoGP-wêreldkampioen, Fabio Quartararo hoop om sy loopbaan weer op dreef te kry met die aankondiging dat hy na agt seisoene Yamaha verlaat om by Honda aan te sluit. Die 27-jarige het die titel in 2021 gewen en is die eerste Fransman ooit wat as wêreldkampioen gekroon is. Die volgende jaar het hy tweede geëindig, maar het daarna gesukkel. Hy het ‘n tweejaarkontrak met Honda onderteken wat volgende jaar in werking tree en sal vir die Honda HRC-span op ‘n 850cc-fiets jaag. Quartararo is tans 14de op die wêreldranglys.