# Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het McLaren se titelaanspraakmakers, Lando Norris en Oscar Piastri, in die laaste oefenronde geklop om die voorste wegspringplek vir die Amerikaanse Grand Prix-snelwedren later vandag te verseker. Die Nederlander het albei McLaren-jaers in die laaste drie gewone Grands Prix geklop, maar bly 63 punte agter die kampioenskapsvoorloper, Piastri. Met agt punte vir die wenner op die spel in vandag se 100 kilometer-wedren, het Verstappen en Norris albei ‘n goeie kans om die gaping na die Australiër te verklein. McLaren het reeds die vervaardigerskampioenskap vir ‘die ‘n tweede agtereenvolgende jaar gewen.
Motorsport: Verstappen voor vir Amerikaanse Grand Prix-snelren in Austin