# Motorsport: Max Verstappen het gister sy sesde voorste wegspringplek van die seisoen vir die Azerbeidjan Grand Prix op die Baku-straatbaan behaal ná ‘n chaotiese kwalifiseringsessie met minstens sewe ongelukke. Red Bull se heersende wêreldkampioen sal die Spanjaard Carlos Sainz van Williams langs hom hê, met die Nieu-Seelander Liam Lawson van Racing Bulls derde. Die Wêreldkampioenskapleier Oscar Piastri sal na ‘n ongeluk uit die negende plek wegspring, twee plekke agter sy McLaren-spanmaat Lando Norris. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton se brandstof het tydens die sessie opgeraak en hy sal twaalfde wegspring.
Motorsport: Verstappen spring eerste weg by Azerbaijan Grand Prix