# Motorsport: Red Bull se Formule Een-renjaer, Max Verstappen, het vrae oor sy toekoms vermy en gesê hy neem dinge wedren vir wedren terwyl hulle die motor ontwikkel. Die viermalige wêreldkampioen het ‘n jaar gelede verklaar dat hy in 2026 by die span gaan bly, maar hierdie keer geen duidelike antwoord gegee nie. Die Nederlander het in die aanloop tot dié naweek se Hongaarse Grand Prix gesê die span is vir hom soos ‘n tweede familie, en hy wil weer begin wen. Verstappen is tans sewende op die bestuurders-punteleer.
Motorsport: Verstappen maak wye draaie rondom vrae oor sy toekoms