# Motorsport: Die viermalige wêreldkampioen, Max Verstappen, het erken dat sy frustrasie daartoe gelei het dat hy in Mercedes se George Russell vasgery het tydens die laaste rondtes van die aksiebelaaide Spaanse Grand Prix. Verstappen het Russel en die Ferrari-bestuurder, Charles Leclerc, aanvanklik blameer het, maar het op sosiale media erken sy optrede was onvanpas. Die voorval het vyf rondtes voor die einde plaasgevind, kort nadat die wedren hervat is. Verstappen het onmiddellik die derde plek aan Ferrari se Charles Leclerc afgestaan en van die baan af gejaag terwyl hy probeer verhoed het dat Russell hom verbysteek.
Motorsport: Verstappen erken botsing in die Spaanse Grand Prix was sy skuld