# Motorsport: Slegs trots is op die spel in die naweek se Formule Een Grand Prix in die Amerikaanse dobbelhoofstad Las Vegas. Mercedes het reeds die vervaardigers-kampioenskap ingepalm en sy 20-jarige Italiaanse renjaer, Kimi Antonelli, het die jongste ooit geword om die bestuurders-titel te wen. Hy sê egter hy smag steeds na sukses, want dis ‘n ongelooflike gevoel om te wen. Na Vegas vind die volgende wedren volgende naweek in Katar plaas, gevolg deur die laaste van die seisoen in Abu Dhabi vroeg in Desember.
Motorsport: Slegs trots op die spel in Vegas na Mercedes albei kampioenskappe beklink