# Motorsport: Saoedi-Arabië glo dat die eienaarskap van ’n Formule Een-span die volgende stap kan wees ná die aanbied van ’n Grand Prix en om die sport te borg. Die voorsitter van Saoedi-Arabië se Motor- en Motorfietsfederasie, prins Khalid Al-Faisal, het voor die komende naweek se wedren in Jedda gesê dat daar beslis belangstelling is. Die koninkryk het sy eerste wedren in 2021 aangebied en sy Openbare Beleggingsfonds het dieselfde jaar in McLaren belê. F-1 ondervind ‘n oplewing in belangstelling in die Midde-Ooste, veral van jonger vroulike ondersteuners.
Motorsport: Saoedi-Arabië glo eienaarskap van F1-span kan die volgende stap wees