Skip to content

Motorsport: Russell en Antonelli is volgende jaar weer Mercedes se renjaer-span

# Motorsport: Mercedes het bevestig dat George Russell en Kimi Antonelli hulle renjaerspan bly vir die 2026 Formule Een-seisoen. Russell, wat in 2022 by die Silver Arrows aangesluit het, het sedertdien vyf Grand Prix-seges behaal. Nuweling Antonelli het vanjaar die voorste wegspringplek in die snelwedren in Miami opgeraap, en in Kanada het hy die jongste renjaer in F1-geskiedenis geword wat ʼn podiumplek behaal. Daar is nog net vier plekke beskikbaar op die 2026-wegspringplek: een elk by Red Bull en Alpine, en twee by Racing Bulls.