# Motorsport: Ricky Raaff van Suid-Afrika is dood tydens die Noordelike Streke se Streeksmotorfiets-kampioenskap wat oor die naweek by die Ridgeway MX Park in Gauteng gehou is. Die 25-jarige motorfietsryer is in ‘n insident tydens die vierde ronde oorlede. Motorsport Suid-Afrika sê ten spyte van die vinnige reaksie van mediese personeel en nooddienste, is Raaff op die baan dood. Organiseerders van die kampioenskap sê Raaff was nie net ‘n ongelooflik talentvolle jaer nie, maar ook ‘n ware vriend, ‘n vurige mededinger en passievolle lid van die veldfietswedren-familie.
Motorsport: Ricky Raaff van SA sterf tydens die Noordelike Streke se Streeksmotorfiets-kampioenskap