Skip to content

Motorsport: Red Bull dank spanbaas Christian Horner af met onmiddellike effek

# Motorsport: Die Formule Een-spanhoof van Red Bull, Christian Horner, is met onmiddellike effek afgedank, na 20 jaar in beheer. Hy het sedert 2005 die span tot ses vervaardigers- en agt bestuurderskampioenskappe aangevoer. ‘n Vroulike kollega het in Februarie verlede jaar bewerings van onbehoorlike gedrag teen Horner gemaak, wat later op appèl van die hand gewys is. Ander hoëprofiel-persone het die afgelope 18-maande die span verlaat, insluitend die legendariese ontwerper Adrian Newey en sportdirekteur Jonathan Wheatley. Daar was ‘n ongemaklike verhouding tussen Horner en die Verstappens, veral renjaer Max Verstappen se pa, Jos.