Skip to content

Motorsport: Ramaphosa wens Rwanda geluk wat Formule Een weer na Afrika bring

# Motorsport: President Cyril Ramaphosa het Rwanda se president, Paul Kagame, en sy regering gelukgewens met ʼn tienjaar-ooreenkoms om die Formule Een Afrika Grand Prix aan te bied. Rwanda sal vroeg in die 2030’s op die program verskyn. Ramaphosa beskryf die ooreenkoms as erkenning van die land se vermoë om gasheer te wees vir groot sportgeleenthede. Hy sê as gasheer van die eerste Grand Prix in Afrika in 1993, en organiseerder van ander groot wêreldgeleenthede, sal Suid-Afrika alle steun aan Rwanda bied.