Skip to content

Motorsport: Pirro vervang die beseerde Moto GP-kampioen, Marc Marquez in Australië

# Motorsport: Ducati se Italiaanse toetsbestuurder, Michele Pirro, sal die beseerde MotoGP-wêreldkampioen Marc Marquez vervang in volgende week se Australiese Grand Prix by Phillip Island. Die Spanjaard is verlede naweek tydens die Indonesiese Grand Prix in ‘n ongeluk beseer nadat hy verlede maand sy sewende wêreldtitel in Japan verower het. Hy sal na verwagting ook die Maleisiese Grand Prix misloop. Dit is nog nie bekend of Pirro hom in Maleisië ook sal vervang nie. Die 39-jarige Pirro het verlede jaar laas deelgeneem vir die VR46-span.