Skip to content

Motorsport: Piastri verwelkom F1-onderbreking as kans om Mercedes in te haal

# Motorsport: McLaren se Australiese renjaer, Oscar Piastri, beskou die onverwagte onderbreking in die Formule Een-seisoen as ‘n kans om Mercedes se voorsprong te verklein. Sy Britse spanmaat, Lando Norris, het verlede jaar die wêreldkampioenskap gewen met Piastri derde, maar Mercedes oorheers tot dusver vanjaar en het die eerste drie wedrenne gewen. Die Midde-Oosterse konflik het gelei tot die kansellasie van die Grand Prix in Bahrein en Saoedi-Arabië en die seisoen sal eers vroeg volgende maand in Miami hervat. Piastri sê dit gee McLaren meer tyd om voor te berei.