Skip to content

Motorsport: Piastri gaan in Maart in sy geboortestad Melbourne vereer word

# Motorsport: McLaren se Australiese Formule Een-bestuurder, Oscar Piastri, sal in die eerste wedren van die nuwe seisoen vereer word wanneer ‘n pawiljoen in sy geboortestad, Melbourne, na hom vernoem sal word. Piastri loop tans voor in die kampioenskap en mag moontlik in Maart terugkeer as wêreldkampioen. Hy het vanjaar reeds ses wedrenne gewen – meer as enige ander Australiese renjaer in ‘n enkele seisoen sedert die wêreldkampioenskap in 1950 begin het. Piastri sê hy kan nie wag om te sien hoe alles volgende jaar bymekaar kom nie.