Skip to content

Motorsport: Naweek se Oostenrykse Grand Prix tot hittegevaar verklaar

# Motorsport: Die naweek se Formule Een-Grand Prix in Oostenryk is tot ‘n hittegevaar verklaar, wat beteken bestuurders mag ‘n goedgekeurde verkoelingstelsel gebruik. Temperature van hoër as 31-grade Celsius word in Spielberg voorspel. Die stelsel laat ‘n verkoelingsvloeistof deur pypies vloei in ‘n hittebestande hemp wat onder die oorpak gedra word. Sommige renjaers vind dit egter ongemaklik en dra dit nie. Die kajuit van ‘n F1-motor kan temperature van hoër as 40-grade bereik, wat oorverhitting ‘n ernstige gevaar maak, veral aangesien bestuurders verskeie lae beskermende klere dra.