# Motorsport: Die verdedigende Formule Een-kampioen, Lando Norris van McLaren, glo dis nie te laat om die titel te probeer behou nie nadat hy Sondag in Hongarye sy eerste Grand Prix van die seisoen gewen het. Die Brit is tans vyfde in die bestuurderskampioenskap, 91 punte agter die voorloper, die Italianer Kimi Antonelli van Mercedes. Norris sê Max Verstappen van Red Bull was verlede seisoen 104 punte agter hom met tien wedrenne oor en het uiteindelik met net twee punte verloor. Hy sê die druk is beslis op Antonelli.
Motorsport: Norris glo steeds hy kan weer vanjaar die F1-kroon dra