# Motorsport: Die Red Bull ingenieur, Gianpiero Lambiase, het aangekondig hy gaan in 2028 na McLaren skuif. Die Brit was ingenieur vir die viermalige Formule Een-wêreldkampioen Max Verstappen van Nederland, en skuif na ‘n ondersteunende rol vir spanhoof Andrea Stella. Lambiase is die derde senior lid van die Red Bull-span die afgelope tyd wat na McLaren skuif. Rob Marshall het in 2024 die hoof-ontwerper geword en Will Courteney het voor hierdie seisoen die sport-direkteur geword.
Motorsport: Nog ‘n senior lid van Red Bull-span skuif na McLaren