# Motorsport: Die sewemalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, gaan die volgende twee wedrenne in Australië en Maleisië misloop weens ‘n besering. Die Ducati-jaer het ‘n beenbreuk en ‘n ligamentbesering aan sy regterskouer opgedoen in ‘n botsing tydens Sondag se Indonesiese Grand Prix, maar dit vereis nie ‘n operasie nie. Die 32-jarige Spanjaard kan steeds aan volgende maand se Grand Prix in Portugal en Valencia deelneem, maar het benadruk hy sal nie oorhaastig wees met sy herstel nie en net terugkeer as hy 100-persent fiks is.
Motorsport: ‘n Skouerbesering beteken Marc Marquez gaan die volgende twee MotoGP-wedrenne misloop