# Motorsport: Die president van die FIA, Mohammed Ben Sulayem, verwag die Formule Een Grand Prix in Katar en Abu Dhabi sal soos beplan voortgaan. Dit volg ondanks voortgesette konflik in die Midde-Ooste en die Iran-gesteunde Houthi-aanvalle op Saoedi-Arabië. Sulayem het aan Motorsport.com gesê hy is vol vertroue die laaste twee wedrenne van die seisoen sal plaasvind. Die Katarse Grand Prix word volgende maand gehou, terwyl die Abu Dhabi Grand Prix vir Desember beplan word. Formule Een het wel ‘n noodplan om die laaste wedren van die seisoen in Italië aan te bied, indien nodig.
Motorsport: FIA-president vol vertroue laaste twee wedrenne in Katar en Abu Dhabi sal plaasvind