# Motorsport: Die MotoGP-kampioen, Jorge Martin, kan vir nog drie maande buite aksie wees nadat sy seisoen verder ontwrig is tydens die afgelope naweek se Grand Prix in Katar. Dit was die Spanjaard se eerste wedren vanjaar nadat hy drie keer beseer is tydens voorseisoense oefeninge, maar hy het van sy motorfiets geval en die Italianer Fabio Giannantonio het oor hom gery. Dit het gelei tot ‘n platgevalde long en elf gebreekte ribbes. Dokters het die renjaer van Aprilia beveel om twee weke in die Midde-Ooste te bly voor hy huis toe gaan.
Motorsport: MotoGP-kampioen weer op krukkelys vir nog drie maande